Zaroebintsi-kultuur

Die Zaroebintsi-kultuur (rooi).

Die Zaroebintsi-kultuur was 'n kultuur wat van die 3de eeu v.C. tot die 1ste eeu n.C. floreer het in die gebied noord van die Swartsee, aan die bo- en middel-Dnjepr- en Pripjatrivier. Zaroebintsi-terreine was veral dig bymekaar tussen die Desna- en Rosrivier, sowel as aan die Pripjat. Dit is omstreeks 1899 deur die Tsjeggies-Oekraïense argeoloog Wikenti Chwoika geïdentifiseer en omvat nou sowat 500 terreine. Die kultuur is genoem na ontdekkings van veraste oorblyfsels op die dorp Zaroebintsi aan die Dnjepr.

Die Zaroebintsi-kultuur was moontlik verwant aan die pre-Slawiese voorouers van vroeë Slawiërs (proto-Slawiërs),[1] en het moontlike bande gehad met die volke van die Dnjeprbekken.[2][3] Dit is beïnvloed deur die La Tène-kultuur en die nomades van die steppe (die Skitiërs en Sarmate). Die Skitiese en Sarmatiese invloed is veral sigbaar in erdewerk, wapens en huishoudelike en persoonlike artikels.

  1. Tarasov I. The Balts in the Migration Period. P.I. Galindians, p. 97.
  2. "Land and People, p.23" (PDF). Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 26 September 2007. Besoek op 30 Julie 2005.
  3. Tarasov I. The balts in the Migration Period. P.I. Galindians, p. 97

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search